Skip to content

Wêreldleiers, insluitend Donald Trump en Vladimir Putin, woon tweedaagse beraad by

# Wêreldleiers, insluitend die Amerikaanse en Russiese presidente, Donald Trump en Vladimir Putin, is vanaf môre in China se suidelike tegnologie-spilpunt, Sjenzen, vir die tweedaagse Asië-Stille Oseaan-leiersvergadering. Die groepering van 21 lede, wat meer as 60-persent van die wêreld se bruto binnelandse produk verteenwoordig, het in die verlede vrye handel en multi-lateralisme voorgestaan. Belangrike besprekingspunte sluit in die ekonomiese nagevolge van die Amerikaans-Iranse oorlog, tariefverlaging en kunsmatige intelligensie-verskaffingskettings. Die groepering werk op ‘n nie-bindende verpligtingsgrondslag wat eenparig bereik word, met lid-ekonomieë wat alle verpligtinge vrywillig onderneem.