Skip to content

Trump sê hy steun Jensen Huang se terugkeer as uitvoerende hoof van Nvidia

# President Donald Trump sê hy “sou nie omgee” as Jensen Huang as uitvoerende hoof van Nvidia heraangestel word nie. Verlede week het Huang by die kunsmatige-intelligensie-skyfiereus wat hy gestig het bedank, ná berigte oor verskeie buite-egtelike verhoudings – onder meer met ‘n vrou wat, volgens Amerikaanse amptenare, moontlik met Chinese intelligensiedienste saamwerk. SpaceX-hoof Elon Musk en Uber-mede-stigter Travis Kalanick is onder die meer as 175-duisend ondertekenaars van ‘n ope brief waarin die direksie versoek word om Huang weer aan te stel terwyl ‘n interne ondersoek uitgevoer word. Trump meen dat Huang ‘n les geleer het.