Skip to content

Munisipale swembaddens in Johannesburg gesluit weens kritieke chloortekort

# Alle munisipale swembaddens in Johannesburg is hierdie week gesluit nadat die metro se chloorvoorraad opgeraak het. Dit is nog ‘n terugslag in die poging om sy 57 swembaddens oop te stel nadat die begin van die swemseisoen reeds met ‘n maand vertraag is weens nakoming- en instandhoudingskwessies. Temperature bereik na verwagting 30-grade Celsius dié week, terwyl die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n buitengewoon warm somer voorspel. Johannesburg se Departement van Gemeenskapsontwikkeling sê noodverkrygingsmaatreëls is reeds ingestel om dringend nuwe chloor aan te koop.