# Die Gautengse regering het 80 drankinspekteurs ontplooi om die toepassing van drankwette te versterk en gemeenskapsveiligheid tydens die feestyd te verbeter. Hulle sal hoofsaaklik van Donderdagmiddae tot Maandagoggende werk wanneer die meeste drank verkoop word. Die inspekteurs sal saam met die Gautengse Drankraad, die polisie en munisipaliteite werk om gelisensieerde drankverkooppunte te monitor. Volgens die regering is die inisiatief daarop gemik om oormatige drinkery, misdaad wat met alkohol verband hou, roekelose gedrag en geweld, insluitend geslagsgeweld, aan bande te lê.
Drankinspekteurs ontplooi voor die feestyd