Skip to content

RISE Mzansi verower nege setels in vier munisipale rade

# RISE Mzansi het in sy eerste plaaslikeregeringsverkiesing nege setels in munisipale rade in vier munisipaliteite verower. Die party het vyf setels in Johannesburg, twee in Ekurhuleni, en een elk in Tshwane en Mogale City gewen. Die nasionale organiseerder, Makashule Gana, sê die uitslag is ‘n belangrike mylpaal, sleg drie jaar sedert die party gestig is. Hy sê dit bring ook ‘n verantwoordelikheid om kiesers se vertroue te eerbiedig en gemeenskappe te verbeter. RISE Mzansi sal koalisie-onderhandelinge koördineer saam met sy samewerkingsvennoot, die GOOD-party.