Skip to content

Prins William en Kate besoek Indië vir Earthshot-toekennings

# Prins William van Brittanje en sy vrou, prinses Kate, reis môre na Mumbai vir ‘n besoek van drie dae vir die jaarlikse Earthshot-toekennings. Die egpaar sal geleenthede bywoon wat fokus op omgewingsvernuwing, volhoubaarheid en leierskap onder jongmense. Die prysuitdeling vind Dinsdag plaas, waartydens vyf wenners elk prysgeld gelykstaande aan 22-miljoen-rand sal ontvang om hul omgewingsprojekte uit te brei. Hierdie besoek is Kate se belangrikste oorsese verpligting sedert sy in 2024 vir kanker behandel is en die egpaar se eerste gesamentlike oorsese reis sedert 2023.