Skip to content

Internasionale regsfirma sê Suid-Afrika steeds aantreklik vir buitelandse beleggers

# Die internasionale regsfirma Baker McKenzie sê Suid-Afrika bied aan buitelandse beleggers minder eienaarskaps-beperkings as talle lande met belangrike hulpbronne. Die firma het ‘n verslag saamgestel wat kyk na kritieke minerale, energie en infrastruktuur in 20 lande. Sy vennoot vir Energie en Infrastruktuur in Johannesburg, Ryan Alho, sê egter om beleggings te lok hang af van betroubare, bekostigbare kragtoevoer, doeltreffende logistiek en bestendige regulering. Hy vra Suid-Afrika om te fokus op plaaslike vervaardiging, werkskepping en groter waarde-toevoeging tot sy minerale bronne.