Skip to content

Voormalige Nvidia-hoof Jensen Huang gedagvaar om voor drie Amerikaanse komitees te verskyn

# Die stigter en voormalige uitvoerende hoof van Nvidia, Jensen Huang, is gedagvaar om voor die Amerikaanse Kongres te getuig. Hy het gister uit die tegnologie-reus bedank na bewerings rondom buite-egtelike verhoudings, onder meer met ‘n beweerde Chinese spioen. Huang sal verskyn voor die komitees oor Intelligensie en Buitelandse Sake, asook die gekose komitee oor China. Die minister van Handel, Howard Lutnick, wat onder die vergrootglas is oor die uitvoer van vertroulike Nvidia-K-I-skyfies na China, is ook gedagvaar om voor die Senaat se Bankkomitee te verskyn.