Skip to content

Binnelandse Sake bring 44 amptenare uit buiteland huis toe

# Binnelandse Sake het begin om 44 van sy amptenare uit die buiteland terug te bring. Hul sal geplaas word in plaaslike kantore met personeeltekorte. Die regering het die elektroniese reismagtigingstelsel bekend gestel om die ou papierwerkstelsel te vervang en amptenare in buitelandse sendings speel nie meer ‘n rol in visum-verwerking nie. Die departement skat dit het die afgelope vier jaar na raming meer as 528-miljoen-rand gekos om amptenare oorsee te ontplooi. Hy sê die stap toon hoe ernstig hy daaroor is om stelselmatig geleenthede vir korrupsie uit te wis.