# Microsoft het ‘n kuberaanval uitgeskakel as die oorsaak van ‘n wêreldwye onderbreking wat Outlook, Teams en sy kunsmatige intelligensie-assistent, Copilot, raak. Die tegnologiereus gee die verhoogde las op sy infrastruktuur in verskeie streke die skuld. Die onderbrekings-opsporings-webwerf, Downdetector, berig gebruikers in 74 lande, insluitend Amerika, Suid-Afrika, Brittanje, Australië, Indië en Japan, is geraak. Microsoft het intussen erken sy tegniese pogings om die fout op te los, vorder nie na wense nie.
Microsoft sê sy wêreldwye onderbreking is waarskynlik nie weens ‘n kuberaanval nie