Skip to content

Afrika Mayibuye sê werkloosheidskrisis is gewortel in geskiedkundige ekonomiese onregte van kolonialisme en apartheid

# Die Afrika Mayibuye-beweging veroordeel Suid-Afrika se volgehoue hoë werkloosheidsvlakke en sê rasse-ongelykhede in indiensneming bly onaanvaarbaar hoog. Die amptelike werkloosheidsyfer was in die derde kwartaal effens hoër op 33,7-persent, volgens die Kwartaallikse Arbeidsmag-opname. Die beweging sê die werkloosheidskrisis is gewortel in die geskiedkundige ekonomiese onregte van kolonialisme en apartheid. Hy sê die ekonomiese uitsluiting van die Afrika-meerderheid en ander onderdrukte gemeenskappe bly grootliks onopgelos, ongeag politieke vryheid.