# Die Vryemarkstigting sê in plaas daarvan om dit vir sakeondernemings makliker te maak om werkloses aan te stel en vir werklose mense om werk te kry, stel die regering voortdurend wetgewing in wat die koste en ingewikkeldheid van indiensneming verhoog. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal van hierdie jaar tot 33,7-persent gestyg. Die stigting sê hulle voer reeds lank aan Suid-Afrika benodig fundamentele arbeidsmarkhervorming. Hy sê die voorgestelde Werksoekersvrystellingsertifikaat sal langtermyn werklose burgers die vryheid gee om vir werksgeleenthede te onderhandel sonder om deur beperkende arbeidswetgewing teruggehou te word.
Die Vryemarkstigting sê die regering maak dit moeiliker vir mense om werk te vind