# AgriSA sê indiensneming in die landbousektor het tussen April en September met 34-duisend poste, of 3,6-persent gedaal. Volgens die jongste syfers van Statistiek Suid-Afrika het die sektor ook sowat 25-duisend poste minder gehad in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Stygende boerderykoste, druk op winste en onsekere weersomstandighede plaas verdere druk op indiensneming. Die organisasie sê ‘n sterk en volhoubare landbousektor is noodsaaklik vir die beskerming van poste en lewensbestaan in landelike gemeenskappe.
AgriSA waarsku landbouwerksgeleenthede steeds onder druk