# Die Kaapstad Vervaardigingsberaad ondersoek beleggingsgeleenthede en strategieë om die Wes-Kaap se industriële sektor te laat groei. Vervaardiging dra nagenoeg 15-persent by tot die provinsie se bruto toegevoegde waarde en bly ‘n belangrike bron van werksgeleenthede. Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir ongeveer 70-persent van Suid-Afrika se vervaardiging van hernubare energiekomponente. Sleutelgroeigebiede sluit in landbouverwerking, gevorderde vervaardiging en groen tegnologieë. Strategiese inisiatiewe, insluitend die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone, wil beleggings te lok, uitvoere bevorder, vaardighede ontwikkel en werk skep.
Kaapstad Vervaardigingsberaad ondersoek beleggings- en groeigeleenthede