Skip to content

Konsortium sien nuwe toekoms vir natuurlike diamante

# ‘n Gewese uitvoerende hoof van De Beers en voorsitter van die Global Diamond-konsortiuim, Gareth Penny, sê ‘n nuwe hoofstuk is moontlik vir die natuurlike diamantbedryf. Botswana se president, Duma Boko, is ten gunste van ‘n vennootskap om Anglo American se belang van 85-persent in De Beers te bekom. Botswana, Namibië, Angola en Oman steun die idee. Penny sê die vennootskap is daarop gemik om diamantproduserende lande se invloed te versterk, verbruikers terug te lok en die vraag na natuurlike diamante te versterk. Samesprekings met Anglo American duur voort.