# ‘n Nuwe studie toon slegs ses-persent van die Padongelukkefonds se uitbetalings word vir mediese sorg gebruik, vergeleke met 53-persent vir die verlies aan inkomste. Die navorsing, wat op die Aktuaris-vereniging van Suid-Afrika se kongres aangebied is, dui aan vroeëre mediese behandeling kan langtermyn-vergoedingseise verminder. Die studie beklemtoon ook die fonds se onbetaalde verpligtinge van 439,5-miljard-rand. Die afname van 82-persent in eise wat tussen 2020 en 2024 afgehandel is uiters kommerwekkend, veral wat betref die fonds se finansiële volhoubaarheid.
Studie vra groter Padongelukkefonds-besteding aan vroeë mediese sorg