# Die Amerikaanse tegnologie-reus, Nvidia, het ʼn onafhanklike ondersoek begin na sy stigter en uitvoerende hoof, Jensen Huang, oor kommer dat hy die teiken was van “buitelandse intelligensie”. ʼn New York Times-berig het verlede maand beweer die 63-jarige Huang het ʼn verhouding met ʼn Chinese sakevrou gehad wat inligting aan Beijing verskaf het. Die maatskappy, wat rekenaarskyfies vir die kunsmatige-intelligensie-bedryf vervaardig, sê hy het geen rede om te glo sy geheime of nasionale veiligheid is in gevaar gestel nie. Huang het in ʼn kennisgewing aan personeel erken by het ʼn buite-egtelike verhouding gehad.
Nvidia begin ondersoek oor “buitelandse intelligensie” na uitvoerende hoof, Jensen Huang