Skip to content

OVK ondersoek inmenging by stempunt in die Noord-Kaap

# Die Verkiesingskommissie ondersoek ‘n voorval van inmenging by ‘n stempunt in Douglas in die Noord-Kaap, waar stembriewe na bewering opgeskeur is voor die telproses kon begin. Die OVK se adjunk- uitvoerende hoof van Verkiesingsbedrywighede, Masego Sheburi, sê lede van ‘n politieke party het die perseel bestorm en beheer daarvan geneem. Minstens een-duisend-300 stemme is daar uitgebring. Die OVK oorweeg hoe die voorval die stembriewe gaan raak en beskryf die optrede as onaanvaarbaar.