# Die verwerking van verkiesingsuitslae vorder goed en 72-persent van die stemme is nou nasionaal getel. Die ANC loop landwyd voor met 31,92-persent, maar stuur af op ‘n gevoelige nederlaag, want daar word verwag dat hy nie ‘n meerderheid in enige van die agt metro’s sal behaal nie. Die DA sal na verwagting in minstens vyf die meeste stemme kry. Die ANC het steun verloor in Gauteng, waar die DA met 34,44-persent voorloop, terwyl ActionSA tweede is in Tshwane. Kaapstad is die enigste metro wat die DA alleen sal regeer.
ANC gaan waarskynlik nie ‘n meerderheid behaal in enige van die agt metro’s nie