# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê voorlopige verkiesingsyfers dui daarop sy besluit om die parlement te verlaat en op gemeenskappe te fokus, werp vrugte af. Mashaba het by die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Midrand gesê die vergete mense het gepraat te midde van toenemende steun vir die ses jaar-oue-party. Hy het ook kiesers in Soweto en gemeenskappe regoor die land geprys omdat hulle in groot getalle aan die plaaslikeregeringsverkiesing van 2026 deelgeneem het:
Mashaba sê ActionSA wen veld onder vergete Suid-Afrikaners [KLANK]
ENG MashabaOnVoters