Skip to content

EFF-lid naby stemlokaal in Polokwane doodgesteek

# ‘n Een-en-dertigjarige lid van die EFF is naby ‘n stempunt in Polokwane, Limpopo, doodgesteek. Volgens die polisie het die voorval vanoggend omstreeks vyf-uur plaasgevind ná ‘n rusie tussen twee persone wat blykbaar aan dieselfde politieke party behoort. Die verdagte het glo na die toneel teruggekeer en die slagoffer in die nek gesteek voor hy gevlug het. Die polisie het later ‘n 35-jarige man in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting môre in die plaaslike Landdroshof verskyn op aanklag van moord.