# Tshwane se burgemeesterskandidate berei hulle voor op nog ‘n moontlike koalisieregering terwyl stemme steeds getel word. Geen party sal na verwagting ‘n algehele meerderheid behaal nie en koalisiegesprekke begin waarskynlik binnekort. Tshwane word sedert 2016 deur koalisies regeer, gekenmerk deur politieke onbestendigheid en die gereelde wisseling van burgemeesters. Die DA-kandidaat, Cilliers Brink, sê hulle sal slegs met partye saamwerk wat daartoe verbind is om water- en kragprobleme op te los en die oppergesag van die reg te herstel. ActionSA sê inwoners se belange sal altyd voorrang kry.
Tshwane berei voor vir moontlike koalisieregering