# Die Verkiesingskommissie sê stemmery in die plaaslikeregeringsverkiesing het landwyd goed verloop, ten spyte van geringe uitdagings. Teen vyf-uur gistermiddag het 12-miljoen mense gestem. Gauteng het die voortou geneem met drie-miljoen, gevolg deur KwaZulu-Natal met 2,5-miljoen en die Wes-Kaap met 1,5-miljoen. Tydens ‘n mediakonferensie gisteraand by die nasionale uitslagsentrum in Midrand, Gauteng, het die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, gesê alle stembriewe word by die stemlokaal waar dit uitgebring is getel:
OVK bemoedig deur die kiesersopkoms in die plaaslikeregeringsverkiesing [KLANK]
ENG MamaboloOnCountingProcess