# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal het inwoners in die noordelike dele van die provinsie aangemoedig om vandag vroeg te gaan stem. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n vlak 4-waarskuwing vir hewige donderstorms uitgereik het. Die Verkiesingskommissie het 148 stemlokale in die provinsie wat slegs uit tente bestaan. Die departement se woordvoerder, Siboniso Mngadi, sê inwoners moet ook uiters versigtig wees wanneer hulle na stemlokale reis, veral wanneer hulle riviere oorsteek of oorstroomde paaie gebruik.
KZN-kiesers aangemoedig om vroeg te stem weens slegte weer [KLANK]
ENG MngadiONHeavyRainfall