# Die Nasionale Verbruikerskommissie het een-duisend-896 Jeep Wrangler- en Jeep Gladiator-voertuie herroep weens ‘n moontlike brandgevaar. Die betrokke voertuie, wat tussen 2021 en verlede jaar te koop aangebied is, het moontlik ‘n elektriese fout by die verbinding van die kragstuurpomp. Dit kan oorverhit en moontlik tot ‘n brand lei. Phetho Ntaba van die kommissie het ‘n beroep op Jeep-eienaars gedoen om hul voertuigidentifikasienommers op Jeep se webwerf na te gaan:
Jeep Wrangler- en Gladiator-modelle herroep weens ’n stuurmeganismedefek [KLANK]
ENG NtabaOnJeepRecalls