# Die eerste masels-sterfte in meer as dertig jaar is in die Amerikaanse staat New York aangemeld. ‘n Kind is in die distrik Lewis in die landelike noorde dood te midde van ‘n uitbreking. Gesondheidsamptenare het nie die kind se ouderdom of inenting-status bekendgemaak nie. New York het vanjaar reeds 178 masels-gevalle opgeteken, en Amerika meer as vier-duisend-800 gevalle – die hoogste syfer sedert 1991. Gesondheidsowerhede sê inenting bly die beste beskerming teen aansteeklike siektes.
Eerste masels-sterfgeval in 30 jaar in staat New York aangemeld