# Die Verkiesingskommissie het bevestig ‘n politieke party se kandidaat is in Ngcobo in die Oos-Kaap aangekeer vir die beweerde poging om verkiesingsmateriaal te steel. Die persoon het hom na bewering as ‘n verkiesingsamptenaar voorgedoen om die materiaal by ‘n polisiestasie af te haal. Die eintlike amptenaar het ontken dis gemagtig en die polisie het die verdagte aangekeer, die materiaal afgeneem en ‘n strafsaak geopen. Die OVK het ook ‘n verkiesingsbeampte afgedank wat na bewering party-lede in ‘n OVK-voertuig vervoer en T-hemde uitgedeel het.
Party-kandidaat aangekeer vir poging om verkiesingsmateriaal te steel