Skip to content

ActionSA in eThekwini sê onwettige buitelanders moenie ondernemings bedryf nie

# ActionSA in eThekwini sê die party sal eis dat geen onwettige immigrant ‘n onderneming in die munisipaliteit mag bedryf nie, insluitend spazawinkels en in die middestad. Dit vorm deel van die party se leierskapsraamwerk, goedgekeur deur sy Senaat. Die burgemeesterskandidaat in die metro, Zwakele Mncwango, sê die munisipaliteit moet ook ‘n toegewyde eenheid in die Durbanse Metropolisie stig om immigrasieverordenings af te dwing en saam met Binnelandse Sake ongedokumenteerde persone opspoor. Hy sê die party se beleid is gemik op ongedokumenteerde en onwettige immigrasie, nie op wettige buitelanders nie.