Skip to content

TLU SA prys polisie en gemeenskappe ná arrestasies in boerderygemeenskappe [KLANK] 

# TLU SA sê samewerking tussen die polisie en boerderygemeenskappe is die sleutel tot die bekamping van misdaad op die platteland. Die landbou-organisasie verwelkom die arrestasie van verdagtes ná gewelddadige aanvalle in die boerderygemeenskappe van Sannieshof en Ventersdorp in Noordwes. Bennie van Zyl van TLU SA sê die inhegtenisnemings toon die waarde van spoedige polisie-optrede, deeglike ondersoeke en samewerking tussen gemeenskappe en wetstoepassingsinstansies. Hy het ‘n beroep gedoen op voortgesette betrokkenheid deur die gemeenskap om misdaad aan te meld en polisie-ondersoeke te ondersteun.

AFR BennieOnArrests