# Die Verkiesingskommissie het bevestig 217 stempunte in Kaapstad ondervind vertragings met die ontvangs van stembriewe op die eerste dag vir spesiale stemme. Die Wes-Kaapse hoofverkiesingsbeampte, Michael Hendrickse, sê die betrokke stempunte kon nie om agtuur oopmaak soos beplan nie en sal eers oopmaak wanneer die stembriewe afgelewer is. Die OVK skryf die vertragings toe aan onvoorsiene drukwerkprobleme. Bejaardes en kiesers wat nie Woensdag kan stem nie, kan vandag en môre spesiale stemme uitbring.
Vertragings met aflewering van stembriewe raak 217 stempunte in Kaapstad