# Staatsmedia berig Noord-Korea spog met ‘n groeiende aantal luukse braairestaurante waarvan twaalf sedert September geopen is. Die nuwe eetplekke bestaan uit verskeie verdiepings met terrasse langs riviere en bied beesvleis, varkvleis en selfs volstruisvleis aan. Ontleders meen die leier, Kim Jong Un, gebruik die restaurante om ‘n beeld van toenemende welvaart buite die hoofstad, Pyongyang, te skep. Kritici bevraagteken egter hoeveel Noord-Koreane kan bekostig om daar te eet, want volgens skattings deur die Verenigde Nasies, is meer as 40-persent van die bevolking ondervoed.
Noord-Korea bevorder oplewing in braairestaurante ondanks wydverspreide voedseltekorte