Skip to content

Minister Mchunu nader hof oor lasbrief om sy huis in KZN te deursoek

# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die Hooggeregshof in Johannesburg genader en voer aan die lasbrief om sy huis in KwaZulu-Natal te deursoek, is “deur misleidende inligting” verkry. Lede van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade het in September ʼn deursoek-en-beslagleggingsoperasie by die eiendom uitgevoer en op elektroniese toestelle beslag gelê. Mchunu sê in sy hofaansoek die lasbrief is ongeldig omdat die beëdigde verklaring wat dit ondersteun nie feitelike inligting bevat oor ʼn redelike vermoede dat ʼn misdaad gepleeg is nie.