# Die IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, vra Suid-Afrikaners om hul stemreg uit te oefen, en beloof etiese leierskap en goeie bestuur in munisipaliteite. Hy het gister die party se verkiesingsveldtog by die Prins Mangosuthu Buthelezi-stadion in Ulundi, in die noorde van KwaZulu-Natal afgesluit. Spesiale stemme kan vandag en môre uitgebring word en Woensdag is die amptelike stemdag. Hlabisa sê IVP-geleide munisipaliteite sal mislukte dienslewering, droë krane, stukkende paaie, onbetroubare elektrisiteit, opgehoopte vullis, donker strate en munisipale kantore wat nie reageer nie aanspreek:
Hlabisa beloof etiese leierskap en goeie bestuur in IVP-geleide munisipaliteite [KLANK]
ENG HlabisaOnVoters