# Die polisie in Noordwes het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die wrede plaasaanval en roof op Syferfontein naby Ventersdorp vroeër hierdie week. Die 50-jarige boer, Donovan Marks, is Woensdag tydens die aanval geskiet en aangerand en word steeds in die hospitaal behandel. Die provinsiale polisiekommissaris, Peter Adams, sê Marks se bakkie is gister opgespoor en word forensies ondersoek om vas te stel wie se DNS daarop voorkom:
Twee verdagtes aangekeer ná wrede plaasaanval in Noordwes [KLANK]
ENG AdamsOnSuspects