Skip to content

Padongelukkefonds gaan voort met die aanstelling van Waseem Carrim as uitvoerende hoof

# Die Padongelukkefonds sê hy gaan voort met die aanstelling van Waseem Carrim as sy uitvoerende hoof, met die fokus op bestendigheid, aanspreeklikheid en doeltreffende bestuur. Die Hooggeregshof in Pretoria het die finansiële hoof van die uMhlathuze-munisipaliteit, Mxolisi Kunene, wat wou keer dat Carrim die pos aanvaar se dringende aansoek geweier. Kunene voer aan hy was die kandidaat wat die hoogste punt in die werwingsproses behaal het. Die fonds sê geen tussentydse hofbevel keer dat Carrim se aanstelling voortgaan nie.