Skip to content

Departement van Basiese Onderwys sê matriekeksamen vorder goed [KLANK]

# Die Departement van Basiese Onderwys sê die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen verloop glad en die halfpadmerk kom nader. Geen ernstige voorvalle is aangemeld wat die eksamen se algehele geloofwaardigheid en integriteit in gedrang bring nie. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê hulle hou verwikkeling in die Wes-Kaapse taxigeweld dop. Hy sê leerders moenie benadeel word deur omstandighede buite hulle beheer nie. Hy moedig skole en gemeenskappe wat geraak word aan om in verbinding te bly met provinsiale onderwysowerhede:

ENG-KhalaOnMatric