Skip to content

O’Sullivan dreig met regsoptrede oor Mkhwanazi se moontlike aanstelling as Valke-hoof

# Die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, dreig met regsoptrede om te keer dat KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, as die Valke se nuwe nasionale hoof aangestel word. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ooreenkomstig die SAPD-wet ʼn memorandum by die Kabinet ingedien om die aanstelling te bevestig. O’Sullivan voer aan Mkhwanazi is nie die geskikte en bevoegde persoon om die Valke te lei nie. Hy sê sy organisasie, Forensics for Justice, gaan die aanstelling betwis indien die regering nie die proses opskort of vir openbare ondersoek oopstel nie.