# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die heropening van sewe opgeknapte treinstasies langs die KuGompo City-korridor in die Oos-Kaap sal werkers help om op vervoerkoste te spaar. Die stasies is heropen ná ’n belegging van 115-miljoen-rand deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, wat ook 171 werksgeleenthede geskep het. Die vereniging se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê bekostigbare en betroubare treine sal die druk op huishoudelike begrotings verlig, werkers se stiptelikheid verbeter en besighede ondersteun:
MISA sê heropening van treindienste kan vervoerkoste vir werkers verlaag [KLANK]
ENG PhakamileOnRailwayServices