# Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, en die voormalige hoof van die polisie se Misdaadintelligensie-eenheid, Feroz Khan, is in hegtenis geneem op aanklag van regsverydeling. Dit volg ná getuienis voor die Madlanga-kommissie rakende ‘n e-pos van 2022 waarin Johnson na bewering besonderhede van ‘n aanrandingsdossier teen Khan van vier jaar tevore bekend gemaak het. Johnson het in Julie bedank, terwyl Khan ontslaan is. Die twee sal na verwagting vandag in die Landdroshof in Pretoria verskyn.
Andrea Johnson en Feroz Khan in hegtenis geneem