# Die Nasionale Tesourie het die Suid-Afrikaanse Lugdiens tot Februarie gegee om ‘n strategiese aandelevennoot te vind en waarsku hy sal geen verdere staatsondersteuning kry wanneer die huidige leningswaarborg van ‘n miljard-rand verval nie. Die redery het nog nie die waarborg gebruik nie en moet nie-kernbates identifiseer wat verkoop kan word om sy geldelike posisie te versterk. Die S-A-L sê sy aandeelhouer lei die soektog na ‘n vennoot, terwyl hy moontlike leners betrek. Die Organisasie teen Belastingmisbruik skryf die voortdurende finansiële uitdagings toe aan politieke inmenging en swak leierskap.
SAL onder druk om koper te vind namate Tesourie voorwaardes verskerp