# Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya sê die daaglikse getal maagdermsiekte-gevalle in Bronkhorstspruit neem af en verlig kommer oor besmette water in die gebied. Tot op hede is 833 mense deur die uitbreking geraak waarvan sowat 40-persent kinders jonger as vier was. Hulle het water van die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg gedrink wat weke lank nie met chloor behandel is nie omdat die voorraad opgeraak het. Moya sê terwyl die aanleg herstel word, moet die betrokke gemeenskappe steeds die veilige water gebruik wat die metro voorsien.
Aangemelde maagdermsiekte-gevalle in Bronkhorstspruit neem af