# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, John Steenhuisen, doen ‘n beroep op groter lokalisering, belegging en werkskepping in Suid-Afrika se ná-verkoopmark vir motors. Die bedryf het in 2025 ‘n omset van ongeveer 933-miljard-rand behaal en 202,6-miljard-rand tot die bruto binnelandse produk bygedra. Die sektor ondersteun meer as 310-duisend werksgeleenthede wat ongeveer 70-persent van indiensneming in die motorbedryf verteenwoordig. Dit is oor meer as 23-duisend ondernemings, hoofsaaklik klein en middelgrootte ondernemings versprei. Steenhuisen sê die land beskik oor die ingenieurskundigheid, gevestigde verspreidingsnetwerke en nywerheidsvermoëns om ‘n toonaangewende spilpunt vir die motor-ná-verkoopmark in Afrika te word.
Adjunkminister Steenhuisen vra vir groter lokalisering, beleggings en werkskepping in motorbedryf