Skip to content

Maleisië lê beslag op KI-skyfies ter waarde van meer as R220-miljoen by Kuala Lumpur-lughawe

# Maleisiese doeane-owerhede het by Kuala Lumpur se hooflughawe gevorderde kunsmatige-intelligensie-skyfies ter waarde van meer as 220-miljoen-rand gekonfiskeer. Dit volg terwyl ondersoekers ’n vermoedelike netwerk ondersoek wat hoëprestasie-halfgeleiers deur die land smokkel. Die dertig bediener-eenhede het gevorderde KI-skyfies bevat, en is tydens ’n inspeksie in die lughawe se vryehandelsone ontdek. Aanvanklike ondersoeke het getoon die besending het uit Asië gekom en was bedoel vir heruitvoer na ’n ander land in die streek.