Skip to content

Suid-Afrikaner in Amerika vasgetrek vir beweerde materiaal van seksuele misbruik van kinders

# ‘n Suid-Afrikaner wat in Amerika werk, is in Oklahoma in hegtenis geneem in verband met beweerde materiaal van die seksuele misbruik van kinders. Grady se balju sê die 42-jarige Vico du Toit is geïdentifiseer nadat inligting aan die Nasionale Sentrum vir Vermiste en Mishandelde Kinders aangemeld is. Ondersoekers beweer hy het die materiaal op die Kik-boodskaptoepassing afgelaai. Du Toit sal na verwagting volgende week voorlopige hofverrigtinge bywoon.