# CapeNature het die skuldigbevinding van ‘n vrou van Kaapstad verwelkom wat 145 reptiele, insluitend slange, geitjies en akkedisse, onwettig bekom en aangehou het. Jacqueline Hewett is tot ‘n boete van 250-duisend-rand of vier jaar tronkstraf gevonnis, met ‘n bykomende tronkstraf van twee jaar wat vir vyf jaar opgeskort is. Sy word ook verbied om permitte te verkry om wilde diere in die Wes-Kaap aan te hou. Die onwettige handel in wilde diere bedreig inheemse spesies en biodiversiteit.
CapeNature waarsku teen stropery na ‘n vrou skuldig bevind is aan die onwettige besit van 145 reptiele