# Vroue en meisies het verlede jaar een uit elke vier van die meer as 37-duisend burgerlikes uitgemaak wat in gewapende konflik gesterf het: dubbel soveel as in 2021. Die Verenigde Nasies se jongste verslag oor Vroue, Vrede en Veiligheid wys nege-duisend-788 gevalle van konflikverwante seksuele geweld is verlede jaar bevestig – meer as twee keer soveel as die vorige jaar, en byna vier keer soveel as in 2022. Intussen leef ongeveer 170-miljoen vroue en meisies in gebiede wat deur konflik geraak word, terwyl hulle terselfdertyd in uiterste armoede verkeer.
VN-verslag toon oorlog word dodeliker vir vroue en meisies