# Die polisie het die afgelope week 17-duisend-914 verdagtes tydens landwye misdaadbestrydingsoperasies aangekeer, te midde van voorbereidings vir die feestyd. Hulle het ook 267 vermeende dwelmhandelaars in hegtenis geneem, twee geheime dwelmlaboratoriums in Gauteng en Noordwes gesloop en beeslag gelê op kokaïen ter waarde van meer as 200-miljoen-rand by die OR Tambo Internasionale Lughawe wat die land uit Brasilië binnegekom het. Die polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die operasies is gemik op misdaadbekamping en beter veiligheid:
Meer as 200 vermeende dwelmhandelaars gearresteer tydens misdaadbestrydingsoptrede [KLANK]
AFR AmandaOnCrimeCrackdown