# ‘n Vyfjarige Belgiese Malinois genaamd Sky, wat brandstigtings-opsporingswerk in die Suid-Afrikaanse Polisiediens verrig het, se nagedagtenis sal voortleef in ’n gedenkteken in Pretoria. Die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê ’n granietgedenkteken ter ere aan Sky is voltooi en sal by die Gedenktekens vir Diere in Oorlog by die Voortrekker-monument geplaas word. Sky is in September van kant gemaak na sy ernstig beseer in haar hondehok gevind is. Cameron sê sy sal nou onthou word saam met ander diere wat Suid-Afrika gedien het.
Gedenkteken ter ere van SAPD-polisiehond Sky opgerig