# Die Kleinhandel-motorbedryf-organisasie sê Suid-Afrika se strategie vir plaaslike vervaardiging in die motorbedryf moet verder strek as voertuigvervaardiging, en kleinhandel- en onderdele-ondernemings insluit. Uitvoerende hoof Ipeleng Mabusela het op die Suid-Afrikaanse Motorbedryfweek 2026 in Durban gesê die sektor ondersteun meer as 310-duisend werksgeleenthede in meer as 23-duisend ondernemings en dra na raming 202,6-miljard-rand by tot die ekonomie. Hy het geleenthede beklemtoon om bande, glas en batterye plaaslik te vervaardig. Mabusela sê sterker voorsieningskettings kan volhoubare werksgeleenthede skep en uitvoere bevorder.
Motorbedryf vra breër benadering tot plaaslike vervaardiging