# President Cyril Ramaphosa het verskoning gevra en erken dis grondwetlike versuim dat Simon Mofokeng en wyle Tshokolo Joseph Mokoena se hofsake nie hanteer is nie. Hulle was 19 jaar in die tronk nadat hulle verkeerdelik skuldig bevind is aan die moord in 1992 op ʼn polisiebeampte in die Vrystaat. Die Konstitusionele Hof het vroeër die week eenparig bevind Ramaphosa en drie van sy voorgangers, Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma, het versuim om hul grondwetlike verpligtinge na te kom deur ʼn gesamentlike presidensiële kwytskelding 24 jaar lank te vertraag. Ramaphosa sê dit was “uiters betreurenswaardig”.
Ramaphosa erken grondwetlike versuim in 24-jaar vertraging van Mofokeng en Mokoena se kwytskelding